Oud word

Elisabeth Eybers

Al noem hulle dit geseënde en gesonde
afronding van volvoerde strewe jy
sal sikkeneurig word en sleurgebonde
met yl gebare al hoe dieper gly

murmelgeluidjies uit op onervare
toetsende voete skuifelend bedees
en skigtig om jou rondkyk en as ’t ware
jou maagdelike herrese tante wees

met onvervalste dwaasheid toegerus
tot ingewyde dagdrome in staat
wat jy verbloem: hardnekkig ongeblus
bring hul beroering troos en doen geen kwaad.

Traagheid verleen ’n skamele houvas.
Wees bly dat aangeborene onvermoë
uiteindelik by jou nuwe status pas.
Jou kinders kyk nou toe sonder misnoeë.

Die sparteling hoe halfhartig ook bevat
genoeg teater om jou te laat lag
die oorgeblewe weerstand weg te glad.
Wie laaste lag lkag roekeloos en sag.

Elisabeth Eybers, My radarhart laat niks ontglip 2013

 

Advertenties

Geef een reactie

Vul je gegevens in of klik op een icoon om in te loggen.

WordPress.com logo

Je reageert onder je WordPress.com account. Log uit / Bijwerken )

Twitter-afbeelding

Je reageert onder je Twitter account. Log uit / Bijwerken )

Facebook foto

Je reageert onder je Facebook account. Log uit / Bijwerken )

Google+ photo

Je reageert onder je Google+ account. Log uit / Bijwerken )

Verbinden met %s